Eenvoudige Sampioenbroodjies

2007-06-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

733
Related Recipes:
  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

  • Boerbrood Suurdeeg Plantjie

Eetlepel botter
100g Pakkie Sampioene
250ml Room
Sout en Peper na smaak
2 Eetlepels mielieblom
250ml Melk
6 Broodrolletjies

Nadat die sampioene afgespoel en in skyfies gesny is braai saam met botter tot die water meestal afgekook is. Voeg die room by, asook die sout en peper. Meng die melk en mielieblom tot klontjies opgelos is en voeg by die roommengsel. Verlaag die hitte en kook tot die mengsel lekker dik is. Haal van die plaat af en los om bietjie af te koel. Sny die broodrolletjies se puntjie aan die kant af of druk net ‘n gaatjie langs die kant in en druk die binneste brood plat. Druk die sampioenmengsel lepelsgewys in die broodrollejies in tot elkeen lekker vol is. Hou in die lou oond tot braaivleis klaar is of eet dadelik. Ook lekker saam met knoffel of spek.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!