Loader

Eenpot Lekkerte, Macaroni en Maalvleis

2016-11-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 14
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

14 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Lekker ou staatmaker keer op keer, Macaroni en Maalvleis. Met die Bolognaise (cook in sauce) het jy geen ander speserye en fitterjasies nodig nie, dis baie geurig en smaaklik ! Die is ‘n lekker rand rekker!

(genoeg vir 4-6 mense)
100 ml kookolie
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies; gekneus en gekap
700 g beesmaalvleis
1 pakkie Knorr Bolognaise sous (cook in sauce)
1 kop water
4 kop rou Macaroni
1 el botter
lekker handvol gerasperde cheddar kaas
.
Terwyl jy maalvleis voorberei, in ander kastrol kook macaroni soos op pakkie aangedui, dreineer en roer botter deur
Verhit die kookolie in ’n kastrol en roerbraai die opgekapte ui en knoffel tot deurskynend en geurig
Voeg maalvleis by, braai tot lekker geurig en bruin

Voeg nou gekookte Macaroni, Knorr Bolognaise souspoeier by met koppie water, roer deur
en prut stadig vir 10 minute
Bedien dadelik rond af met lekker dik laag gerasperde kaas

Sit voor met groenslaai en vars broodrolletjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!