Dubbele Kaas Pitta Pizza’s

2015-07-10
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

1,227
Related Recipes:
  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

Jy het nodig: (genoeg vir 6)

6 pitta broodjies
6 tl tamatie puree
3 ryp tamaties in dun skywe gesny
1 rooi soetrissie, repies gesny
1 groenrissie, repies gesny
4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gedruk
3 chorizo worsies , gaargemaak , skyfies opgesny
200 g repies spek , gehalveer en gaargemaak
6 cheddar kaas skywe
6 mozzarella kaas skywe
150g cheddar kaas, gerasper
150 g mozzarella kaas, gerasper
tiemie na smaak
growwe gemaalde swart peper na smaak
sout na smaak

Voorverhit oond tot 200C ~ verhit jou bakplaat terwyl oond warm word
Sny elke pita broodjie so net meer as halfpad deur en sit ‘n skyf cheddar en skyf mozzerella kaas in en vou toe
Smeer nou bo op elke pitta met 1 teelepel tamatie puree en verdeel knoffel oor 6 pita’s
Pak die tamatie skywe en verdeel dan soetrissies, spek en chorizo stukkies eweredig, moenie oorlaai nie
Sprinkel met cheddar en mozzerella kaas
Sprinkel met sout, growwe swartpeper en tiemie
Plaas nou pitas op die warm plaat en bak vir 10 tot 15 minute totdat die kaas gesmelt en goudbruin gebak is
Bedien met ‘n lekker groen slaai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!