Diepgebraai Pampoenpoffertjies
2016-11-18Average Member Rating
(4.3 / 5)
18 People rated this recipe
6,790Related Recipes:
Oorskiet pampoen? Hier is ‘n heerlik verslawende plan !
Jy benodig:
1 kop pampoen, droog gekook en fyn gedruk (moenie waterig wees nie)
1 kop koekmeel
2 tl bakpoeier
mespunt gemmer poeier
mespunt sout
2 eetl strooisuiker
2 eiers
75 ml volroommelk
750 ml kookolie, vir diepbraai
*kaneelsuiker
So gemaak:
Sif al die droë bestanddele saam
Klits eiers en melk saam en voeg pampoen by, roer deur en voeg by droë bestanddele, meng tot ‘n gladde beslag
Verhit die olie in ‘n medium kastrol en skep eetlepels vol van die beslag in warm olie, braai tot goudbruin
Verwyder van die olie en dreineer op kombuispapier
Rol in kaneelsuiker
Bedien warm, sit voor met Maple/Goue stroop