Loader

Die lekkerste koek versiersels

2015-01-13
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 28
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

28 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

FUDGEVERSIERSEL

( maak 500 ml) smeer oor piesangbrood of cupcakes.
Kook suiker, botter en melk vroegtydig om af te koel.

187,5 ml sagte bruinsuiker
150 g ( 150 ml) botter
125 ml melk
Kook vir 3 min en laat heeltemal afkoel tot koud.
Klop 500 ml versiersuiker en 2,5 ml vanilla by.
Gooi klein bietjie melk by as versiersel te styf is.
Sif bietjie kakao oor versiersel as dit oor koek , brood of cupcakes gesmeer is.

NOUGAT VERSIERSEL

125 ml sagte botter
500 ml versiersuiker
100 ml milky bar
100 ml nougat

Klits botter en voeg versiersuiker, gesmelte nougat en sjokolade by en klits.

WITVERSIERSEL
1 k wit suiker
1/3 k water
1/4 t kremetart
2 eierwitte
1 t vanilla

Meng suiker, water en krematart in kastrol en roer tot suiker opgelos is.
Kook tot mengsel borrel en draadjies trek as jy n bietjie met n teelepel skep.
Klits eierwitte en vanilla tot sagte punte vorm.
Gooi suiker mengsel stadig by terwyl geklits word.
Klits tot baie dik – 10 min.

ROOMKAAS VERSIERSEL

4 x 230g Lancewood roomkaas
320g versiersuiker gesif
5ml vanieljegeursel

Meng die roomkaas en vanielje liggies tot glad en voeg die versiersuiker by. Roer vinnig deur maar moenie oormeng nie. Hou in yskas tot benodig.

Ek het al ‘n blok wit sjokolade gesmelt en bygeklits dat dit ‘n stewiger versiersel maak, heerlik!

ROMERIGE VERSIERSEL
180g strooisuiker
1 groot eierwit
knypie kremetart
30 ml kookwater.
Meng alles in glasbak. plaas oor n kastrol met kookwater. Klits met n elektriese handklitser tot dik en glansend.
Genoeg om 2 laag koek heeltemal te bedek.

 

WENKE VIR DIE MAAK VAN BOTTER VERSIERSEL

Vir die van julle wat gevra het oor die versiersel wat ek gebruik het op die cupcake, dit is gewone buttercream icing:

½ koppie botter
3 – 4 koppies gesifte versiersuiker
vanilla geursel
so bietjie melk

Ek dink die geheim is om die botter goed te klop voor die tyd (ek klop dit maklik so 3 minute) dit maak die icing baie fluffy.
Die botter moet eindelik wit wees van al die klits.
Voeg dan die versiersuiker bietjie-vir-bietjie by en klop goed na elke keer wat jy versiersuiker byvoeg.
Meng dan vanilla geursel by en sowat ‘n eetlepel melk en meng goed.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Comments (2)

  1. posted by Linda on January 15, 2015

    Witversiersel: Hoe lank sal hierdie versiersel goed bly en vorm behou op koek/kolwyntjies?

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!