Croque Madame
2014-09-26- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Ontbyt
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
2,253Related Recipes:
Croque Madame is ‘n traditionelel Franse bistro gereg wat vir ontbyt of ligte ete saam groen slaai voorgesit word , ‘n pan geroosterde ham-en-kaas toebroodjie, met ‘n gebakte eier bo-op …. Baie vullend en propvol protiene ….
Jy gaan nodig he:
2 snyties brood van jou keuse
1 sny goeie gehalte ham
1 slice mozzarella kaas
1 eier, gebak met sout en peper na smaak
botter
So gemaak:
1 Botter jou broodjies aan een kant van elke sny
2 Sit ham en kaas op, maak toebroodjie met botterkant na buite
3 In ‘n lekker warm kleefvrye pan, braai nou jou toebroodjie mooi goudbruin beide kante
4 Skep broodjie in ‘n bord, sit gebakte eier bo-op … en geniet
**alternatief, maak toebroodjie van ham binne in, maak broodjie toe, en sit kaas snytjie bo-op toebroodjie, rooster in oond tot kaas goudbruin is, skep op en sit dan gebakte eier bo-op ….
*sit voor saam met old english mustard of tamatiesous vir kleinspan