Loader

Cremora Pynappel Tert

2014-11-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 35
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

35 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

Dubbele lekkerte

1 pakkie tenniskoekies (hou 3 eenkant vir krummel)
1 x 500g pak cremora poeier
1 blik fyngemaakte pynappels
1 kop kookwater
1 pakkie suurlemoen of pynappel jellie ~ aangemaak met halwe kop kookwater,en effe afgekoel
2 blikkies kondensmelk baie koud, verkieslik oornag verkoel in yskas
1 kop suurlemoensap
grenadella pulp*opsioneel

Los die melkpoeier in 1 koppie kookwater op,laat baie koud word,minstens paar uur
Voeg nou die kondensmelk by , klits tot styf raak
Klits bietjies,bietjies suurlemoensap by terwyl jy aanhou klits
Roer die fyn pynappel deur gevolg met aangemaakte,afgekoelde jellie
Meng goed deur Pak beskuitjies in ‘n plat langwerpige bak
Gooi nou die vulsel, stadig, oor die agterkant van ‘n groot lepel bo-oor die koekies.
Krummel ekstra koekies bo-oor Sit in die yskas tot gestol.

*Bedien met grenadella pulp.

Comments (2)

  1. posted by Susan Gross on November 30, 2014

    Wow Beslis ‘n WENNER in ons huis.

  2. posted by Marie Fuller on May 9, 2015

    Baie lekker resepte- dankie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!