Cremora Beskuit

2014-02-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

5,805
Related Recipes:
  • Oudtydse Boerbeskuit

  • Die lekkerste karringmelkbeskuit

  • Karringmelk beskuit

  • Anys Beskuit

  • Knars Gesondheid Beskuit

250ml cremora koffieverromer poeier
125ml kookwater
25ml wit asyn
1 kg bruismeel
12ml bakpoeier
250ml witsuiker
125ml klapper
2ml sout
250ml botter of margarien

Voorverhit die oond tot 180C.

Smeer 2 broodpanne met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng die koffie verromer met kookwater en vul aan tot 500ml met koue water. Voeg die asyn by.
Meng droë bestanddele en vryf botter of margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Maak ‘n holte in middel en voeg verromer mengsel by. Meng tot ‘n hanteerbare deeg.
Vorm bolletjies en pak in gesmeerde panne. Bak ongeveer 45-55 minute tot gaar.
Laat net effens afkoel en breek in stukkies. Lewer ongeveer 5 dosyn beskuit.
Droog beskuit 110 C vir + – 3 ure

Recipe Type: Tags: , , ,

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!