Loader

Bullybeef Pastei

2017-10-11
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

‘n lekker smul randrekker !

1 Blik Bull Brand Bullybeef – blokkies opgesny
1 ui – fyn opgekap
2 knoffeltoontjies – gekneus
80 ml kookolie
1 tl sterk kerriepoeier
1 blikkie KOO gemengde Kerriegroente
3 el tamatiesous
2 el blatjang.

Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel saam tot bruin en geurig
Voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur
Voeg Tamatiesous en Blatjang by roer vinnig deur
Voeg Bully Beef blokkies en geblikte Kerriegroente by
Meng en laat alles lekker saam prut vir 5 min
Laat afkoel
.
Afronding:
1 rol blaardeeg, ontdooi
1 eier, liggies geklits met bietjie water
2 diep oondvaste bakkies + – 15 cm in deursnee (4 klein bakkies of een groot 25 cm oondbak)
.
Voorverhit oond 200 C
Rol blaardeeg oop, sprinkel met koekmeel en rol effe platter.
Druk nou jou bakkies wat jy gaan gebruik, onderstebo (die bakkie se grootte) ‘n  patroon op deeg uit en sny oortollige deeg af. (jy kan die gebruik om pastei mee te versier, blaartjie of patroontjies)
Skep afgekoelde vleismengsel in bakkies tot amper vol, met genoeg sous by.
Plaas nou jou uitgesnyde vorm bo oor, druk liggies vas met vurk aan die kante
Smeer met geklitse eier, bak vir 20 min tot goudbruin by voorverhitte oond
Laat 10 minute staan voor bedien (die vulsel is baie warm !!)

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!