Bruinrys Slaai
2013-09-04- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.8 / 5)
6 People rated this recipe
3,628Related Recipes:
Susan se Heilsame Bruinrys Slaai
vir die slaai:
2 kop gaar bruinrys
1 klein komkommer – gewas, klein blokkies opgekap – met skil aan
1 medium blik heel pitmielies – water afgegooi
1 greenpepper – blokkies gekap
1 bossie “spring onion” fyn opgesnipper
1/2 blikkie perskes, sous afgegooi – klein blokkies gesny
1/2 mango – klein blokkies gesny
vir die sous:
150ml gewone jogurt
3 knoffelhuisies – fyn gepers
halwe tl mosterd aangemaak met bietie melk
Klein uitjie – gerasperde
handjie vol gekapte vars pietersielie
sap van 1 suurlemoen
2 piekel komkommertjies – gerasper
vars gemaalde swart peper na smaak
knypie sout
Slaai:
Meng bestanddele vir slaai in lekker groot glasbak.
Sous:
Sit al die sous bestanddele in voedsel verwerker, meng tot romerig.
Gooi oor slaai en meng mooi deur met opdiening
– deur Susan de Wet – Facebook Boerekos Kookengeniet