Broodrolletjies ~ Tuisgebak
2015-05-02- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.1 / 5)
12 People rated this recipe
7,833Related Recipes:
Bak jou eie, tuisgebak die beste
1 pakkie winkel deeg of as jy self maak :
Jy benodig
250 g witbroodmeel
250 g koekmeel
10 ml sout
10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
sowat 250 ml louwarm water
45 ml olyfolie of botter
1 eier geklits met bietjie water
Verhit jou oond tot 200 °C.
Meng broodmeel, koekmeel, sout, suurdeeg en suiker saam in ’n groot mengbak.
Voeg water geleidelik by tot ’n lekker stywe deeg. Knie vir sowat 10 minute.
Plaas in ’n groot mengbak en smeer ’n bietjie olyfolie oor. Maak toe met kleefplastiek en laat tot dubbel die grootte rys.
Asook wanneer jy winkeldeeg gebruik, gaan met die metode voort:
Knie deeg af en voeg die olyfolie by. Knie dit goed deur.
Vorm 6 broodrolletjies of 4 vir jumbo rolletjies
Sprinkel meel op ’n bakplaat en plaas rolletjies daarop.
Smeer met eiermengsel laat rys tot dubbel die grootte.
Plaas in die warm oond en bak vir plus minus 30 minute.
(Ongeveer 6 rolletjies)