Brandewyn en Rosyntjie Potpoeding

2016-10-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

2,082
Related Recipes:
  • Wortel & Vanilla Sponspoeding

  • Koffie & Cream Malvapoeding

  • Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

  • Traditionele Melksnysels

  • “Jam Donuts” – Oliebolle

Stroop :
4 kop kookwater
2 k suiker
2 el botter
1 kop brandewyn
2 el botter
1 tl karamel essense

In ‘n lekker groot kastrol wat mooi kan seel; bring alles saam tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is

Maak gou die beslag:
3 groot eiers geklits – kamertemperatuur
2 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
mespunt gemengde speserye
knippie sout
125 g botter gesmelt
lekker handvol rosyntjies
125ml  kop appelkooskonfyt
125ml gouestroop

Meng botter, konfyt en gouestroop saam
In mengbak voeg koekmeel, bakpoeier, sout,  koeksoda en gemengde speserye, meng liggies deur met vurk
Voeg nou eiers en rosyntjies, meng deur
Vou nou konfytmengsel by en roer alles saam tot deeg vorm

Wanneer die stroop borrelend kook, word die beslag lepelsgewys ingeskep.
Sit die deksel styf op en laat stadig stoom tot gaar, ( 30 min) Moenie deksel oplig nie
Haal kastrol van plaat af en laat rus 20 minute voor jy deksel oplig

Bedien met vla

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!