Loader

Braaivleis Bruinpoeding Potjie

2015-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.3 / 5)

3.3 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

Jy het nodig
2 eiers
1 eetlepel botter of margarien, gesmelt
1 eetlepel gouestroop
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk
3 el appelkooskonfyt
knippie gemaalde gemmer


Vir die sous:
4 koppies water
1 teelepel vanieljegeursel
4 koppies suiker
1 koppie room

 

So gemaak:
Klits die eiers met ’n vurk in ’n middelslagbak. voeg konfyt en gemmer by.
Voeg die botter en stroop by en meng goed.
Voeg die meel, bakpoeier en sout by en roer deur.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die mengsel.
Gooi al die bestanddele vir die sous in ’n swart platboompot en laat dit kook.
Roer totdat die suiker gesmelt is.
Skuif die pot oor na matige kole sodat die sous nie te vinnig wegkook nie.
Skep die deeg lepel vir lepel in die sous en sit die deksel op., jy moet dit vir 1 uur oor lae hitte prut sonder om die deksel op te lig,
 
Haal van kole af en laat rus vir 10 minute voor die deksel oplig en bedien.
 
Die poeding word mooi bruin in die pot en smaak heerlik saam met vla of Ideal-melk, roomys ens…

 

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!