Bone en Vleis Sop

2014-06-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

10,741
Related Recipes:
  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Boontjiesop van Kathu 

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Heerlike Aartappelsop

1 pak gespikkeide suikerbone
2 uie, gekap
1 kg gemengde stukke varkskenkel en beesskenkel met been
1 lt aftreksel van jou keuse
4 wortels geskraap, gespoel en gerasper
3 aartappels, geskil en gerasper
1 blik tamatiesop
sout en peper na smaak

Vroegmore gooi bone in water , week dit tot laatmiddag
Spoel bone goed af, gooi in groot kastrol , bedek met water, bring tot kookpunt, kook tot bone sag is, voeg gereeld nog kookwater by.
In ‘n aparte kastrol braai die ui en vleis tot bruin, bedek met aftreksel en kook dit tot vleis amper sag is
Voeg nog aftreksel by indien nodig.
Voeg aartappels en wortel by en kook die sop totdat al die groente sag is.
Gooi blikkie tamatiesop by, laat goed prut
Wanneer boontjies saggekook is , druk fyn met “masher” tot dik pasta
Skep jou pot vleismengsel by, en bring alles tot kookpunt
Gooi nog water by om dikte van jou sop te bepaal
Geur met sout en peper
Laat sop goed deur kook oor baie lae hitte tot dik en gelange smaak
Moenie haastig wees nie, laat hulle met mekaar gesels, roer so nou en dan
Sit voor met lekker vars broodjies of vetkoek

Recipe Type: Tags: , , , ,

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!