Loader

Boland Skaap Potjie

2014-05-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.6 / 5)

3.6 5 28
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

28 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Beesstertpotjie

  • Lui Lekker Lamspotjie

  • Peri Peri Hoenderlewertjies in die Potjie

Kookolie
8 skaapnek in 15 mm dik skywe gesny
8 skaap kneukels in 15 mm dik gesny
8 varkvleis kneukels, 15 mm dik gesny
8 klein uie
10 ml sout
Vleisaftreksel
8 wortels, elk in 3 stukke gesny
3 groot aartappels, in blokkies gesny
24 jong groenbone, gehalveer
6 murgpampoentjies, elk in 3 gesny
3 squash pampoentjies – halveer
250 g knopie sampioene
2 groot uie, fyngekap
6 groot ryp tamaties, ontvel en in blokkies gesny
2-3 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
2-3 druppels Tabasco sous
15 ml sojasous
15 ml Worcestersous sous
Vars gemaalde swart peper na smaak
1 stingel seldery, gesny in 5 mm stukke
pakkie gedroogde vrugte
Grof gekapte vars pietersielie

Metode:
Verhit ‘n bietjie olie in die potjie, voeg nek en verbruin aan alle kante.
Verwyder en rangskik in die middel van ‘n plat-boom potjie.
Herhaal dit met die lam en vark kneukels, plaas die lam in ‘n sirkel rondom die nek, plaas dan die vark kneukels rondom die buite rand.
Plaas die klein uie bo-op en besprinkel met sout en knoffel
Giet in ‘n warm vleis aftreksel tot byna oor die vleis, laat kook 1 uur
Rangskik bo-op in lae saam met wortels, aartappels, dan groen boontjies,pampoen, tamaties en res van sous bestandele behalwe pietersiele
Bedek met net genoeg aftreksel om als te bedek en laat prut.
So gou as die aartappel amper sag is, rangskik ‘n laag vrugte , murgpampoentjies en dan’ n laag sampioene bo-op.
Prut vir sowat 10 minute.

Besprinkel met pietersielie en bedien.

Comment (1)

  1. posted by Talita Kilian on September 4, 2015

    Lekker skaapnêk potjie

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!