Boerbrood Suurdeeg Plantjie

2018-09-20
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

7,962
Related Recipes:
  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

  • Paasbolletjies – Hot Cross Buns 

Niks so nostalgies soos om daai warm broodkorsie met botter te eet sodra hy uit die oond kom nie , As jy eers eenmaal tyd afgestaan het vir die een, sal jy nooit weer brood koop nie
Let op om so akkuraat as moontlik af te meet, jy sal sien die resep is in gram, so kry maar vir jou ”n elektroniese skaaltjie byderhand

Bruin Boerbrood
Dag 1
50g water, 50g bruinbrood meel. Klits goed deur met vurk en gooi in glas fles
Dek met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 2
50g water, 50g broodmeel
Voeg by plantjie van gister. Klits goed deur met vurk. Maak toe met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 3
50g water, 50g broodmeel, Klits goed deur met vurk. Maak toe met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 4
100g water, 100g broodmeel, Klits goed deur met vurk. Maak toe met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 5
150g water, 150g broodmeel Klits goed deur met vurk. Maak toe met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 6
200g water, 200g broodmeel. Klits goed deur met vurk. Maak toe met vadoek en sit eenkant op ‘n koel plek vir 24 uur
Dag 7
Plantjie behoort nou reg te wees om te bak
(na jy gebruik het voer jou plantjie en gooi weer 200g water en 200g broodmeel by res van plantjie, roer vinnig deur en sit eenkant om volgende proses te begin)

Vir die Boerbrood:
320g suurdeeg van jou plantjie
460g water
20g sout
800g broodmeel

In n lekker groot skottel gooi suurdeeg van plantjie en water, meng saam
Voeg broodmeel en sout by en werk met jou vingers goed deur tot die deeg mooi bymekaar kom
Smeer jou hande met bietjie olyfolie of sommer ‘n eetelepel uitgebraaide vet en knie nou baie goed vir 10 min
Maak toe en laat rys vir 4 ure
Keer deeg uit op meel bestrooide oppervlak
Smeer hande vet en knie goed deur vir 10 min en plaas in gesmeerde broodpan
Laat nou weer rys vir 3 tot 4 ure

Plaas broodpan in voorverhit oond van 180 C
Sit ‘n erdebeker of klein pannetjie met kookwater in, agter in jou oond
Bak vir 1 uur tot goudbruin

Geniet !

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!