Loader

Bobotie

2023-10-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

1 kg Maalvleis (skaap- of beesvleis)
3-5 Knoffelhuisies, fyngedruk
4 heel Naeltjies (of ¼ t fyn naeltjies*)
3 dik snye dag-oue Brood
3 groot Uie, fyn gekerf
3 eiers, geklits
1 ½ tot 2 koppies Water
1 koppie Melk
¾ koppie Sultanas
5 eetl Botter
4 eetl Blatjang
1 ½ eetl Olie
1 ½ eetl Garam Masala (as jy dit kan kry, is dit lekker – los maar uit as jy dit nie het nie)
1 eetl gemaalde Kojander
1 ½ t Borrie
1 ½ t gedroogde Gemengde Kruie
¾ t Peperkorrels (of ½ t gemaalde Peper*)
Sout en varsgemaalde Peper na smaak
8-10 Suurlemoen- of Lourierblare

• Voorverhit die oond tot 180C (350F).
• Verwyder die korsies van die brood en week die brood in die water.
• Braai die uie in die botter en olie tot net sag. Voeg die knoffel en vleis by en braai tot die vleis net effens gaar en los is.
• Sit al die bestanddele, behalwe die brood, suurlemoen/lourierblare, melk en eier, in ‘n groot mengbak en meng goed.
• Druk die water uit die brood en meng goed by die vleismengsel in.
• Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak. Rol die blare op en steek hulle regop in die mengel in.
• Bak ongeveer 60 minute tot goed gaar.
• Klop die eier en melk en giet oor die vleis ‘n halfuur voor dit uit die oond gehaal word.
• Sit voor met geelrys en blatjang.

* Ek verkies om fyn naeltjies en peper te gebruik – dan byt ‘n kind nie per ongeluk op ‘n korrel nie!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!