Loader

Bobotie Sub’s

2015-06-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Lekker vinger aflek lekker smul die !!

1 Franse Broodrol (of dan enige rolletjie van jou keuse )
Mozzarella kaas
Bobotie frikkadelle
Bolognese sous

Bobotie Frikkies:
1 kg topside maalvleis
1 ui gekap
2 knoffeltoontjies, gekneus en fyn gekap
2 el tamatie puree
1 el blatjang
handvol rosyntjies
1 eier
1 el kerriepoeier
mespunt borrie
1 tl bruinsuiker
1/2 tl gedroogde tiemie
1 tl suurlemoensap
1 el perske of appelkooskonfyt
sout peper na smaak
*bietjie olie om te braai
*bietjie botter om te braai
Metode
Voorverhit oond 180 C
Meng al die bestanddele goed deurmekaar, maak toe met kleefplastiek, sit in yskas vir minstens 1 uur
Giet bietjie kookolie in oondpan
Rol in balletjies, stip tussenin met botterklontjies
Bak vir 30 minute of tot net gaar en bruin

 

Bolognaise sous :
1 groot ui (gekap)
1 blikkie gekapte tamaties
3 eetlepel tamatiepuree
4 knoffelhuisie (gekneus)
2 teelepels gemengde kruie
1 teelepel suiker
1 beesvleisaftreksel aangemaak met biejie kookwater
100 ml Rooi of wit wyn
peper
sout
olyfolie
Verhit bietjie olie in ‘n pan
Voeg die uie by en braai tot deurskynend
Voeg by, die fyngedrukte knoffelhuisies roer en braai liggies
Voeg die beesvleisaftreksel,gemengde kruie, geblikte tamaties, Tamatie puree, en 100 ml wyn by en bring tot kookpunt, sout en peper na smaak
Verminder die hitte en prut vir 20 minute
Laat goed afkoel sonder deksel

NOU SO GEMAAK:
Voorverhit oond na 180 C

Sny die brood rol oop, maar nie regdeur nie
Plaas jou broodrol in ‘n oondpan ( makliker om dit so te hanteer)
Sprinkel lekker lagie met mozzerella kaas
Skep bietjie Bolognaise sous oor
Vul nou die broodrol met frikkies
Bedruip met nog bietjie Bolognaise sous
Sprinkel goed met nog mozzerella kaas
Los die broodrol effe oop ( moenie toevou nie)
Sit in die voorverhitte oond en bak tot goudbruin
Sit voor met res van sous wat oorbly

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!