Bobaas Melktert met Smeerkors
2020-09-27Average Member Rating
(4 / 5)
14 People rated this recipe
Related Recipes:
Bobaas Melktert, regte ou staatmaker. So vinnig om te maak
Kors:
250 ml bruismeel
knippie sout
3el sagte botter
3el witsuiker
1 jumbo eier
bietjie koue melk – ekstra
Vulsel:
1Lt volroom melk
6el botter
4 jumbo eiers, wit en geel geskei
200 ml witsuiker
1tl vanielje geursel
3el koekmeel, 4 el mielieblom
mespunt sout
200ml koue melk – ekstra
fyn kaneel vir sprinkel
Voorverhit oond 180C
Smeerkors:
Sif die bruismeel en sout
Room die botter en suiker tot lig
Voeg die eier by en klits verder tot gladde deeg
Om die beurt voeg bruismeel by meng goed deur
Voeg bietjies koue melk by om die beurt tot ’n smeerbare deeg vorm
Met jou vingerpunte, smeer ‘n dun eweredige lagie van die deeg oor die bodem en teen die rande op (23xcm pan)
Vulsel:
Oor ‘n lae hitte, verhit 1 liter melk saam met die botter in ’n kastrol, roer aanhoudend tot botter gesmelt
Verwyder van plaat, roer vanielje geursel by
In ‘n diep mengbak, klits die eiergele en suiker saam tot romerig
Sif die koekmeel en mielieblom en voeg dit by
Giet 200 ml melk by
Voeg die sout by en met ‘n draadklitser klits tot gladde deeg
Giet die louwarm melk by die eiermengsel terwyl jy aanhou klits
Giet mengsel terug in kastrol, hou aan roer oor lae hitte totdat dit verdik
Klits die eierwitte styf en vou dit by die vlamengsel in
Giet die vlamengsel in die voorbereide kors
Bak vir 30 min in voorverhitte oond
Sif ’n bietjie kaneel oor en sit in yskas tot koud en gestol voor jy sny