Blomkool en Broccoli Sop met Spek

2014-06-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

3,041
Related Recipes:
  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Boontjiesop van Kathu 

  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Heerlike Aartappelsop

5 el botter
handvol grasuie, gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus en opgekap
1 pakkie spek ~ stukke opgesny
300g blomkool, opgekap
300g Broccoli, opgekap
400ml melk
200ml water
mespunt rooipeper
1tl hoogvol koekmeel aangemaak met bietjie melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
60ml olyfolie

*gerasperde skerp kaas vir garnering

In ‘n warm pan, braai spek lekker bros en bruin, hou eenkant

In medium kastrol smelt botter
Gooi knoffel by en braai oor lae paar minute, gooi grasuie by, roer deur
Gooi nou blomkool en broccoli by en braai vir so 5 min.
Voef nou die water en melk by, en bring tot kookpunt, kook totdat die blomkool en brocolli heeltemal pap en gaar is.
Met jou “masher” druk mengsel tot glad en romerig. Gooi melk en koekmeel mengsel by, roer deur.
Gooi helfte van die gebraaide spek by, en laat prut alles saam vir 3 min
Geur goed met sout en swartpeper en mespunt rooipeper na smaak
Skep op in bakkies met ander helfte spek in die middel, sprinkel met kaas
Eet dadelik saam lekker roosterbrood

Recipe Type: Tags: , , , , ,

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!