Blitsige Braaipap
2014-07-07- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.6 / 5)
8 People rated this recipe
8,318Related Recipes:
Al het ek grootgeword in die Wes-Kaap, is ek ‘n pap-lover van formaat! Pa het ons mooi geleer en Saterdae was pap-en-wors dag. Ek het nou nog die tweetand vurk (eintlik is dit ‘n vleisvurk of iets dergeliks – die ding hoort seker al in ‘n museum) waarmee Mams en Pa altyd die pap geroer het.
Al wat my afgesit het, was die pot wat gewoonlik vir ‘n paar dae moes week want pap het mos ‘n nare gewoonte om ‘n kors te maak in ‘n pot, daarom deel ek graag hierdie mikrogolf reseppie met julle.
Bestanddele:
250 ml braaipap (die fyn ene is nie vir my lekker nie …)
knypie sout
650 ml kookwater
60 ml botter
Metode:
Meng pap, sout en water met ‘n tweetand vurk(;-)) in ‘n plastiekbak wat jy in die mikrogolf kan gebruik
Mikrogolf op HOOG vir sewe minute.
Haal halfgaar pap uit, roer weer deeglik deur met tweetand vurk.
Mikrogolf die pap nog 8 minute op hoog.
Roer botter deur die pap (tweetand vurk …)
Vir ‘n heerlike verrassing (en as jy nie lus is vir sous maak nie) roer een blikkie sweetcorn (geroomde mielies) by die pap as dit klaar gekook is.
En siedaar, die pap is klaar! En daar is nie erens ‘n pot vol water wat week vir ‘n paar dae nie …