Loader

Biltong en Kaas Paptert

2017-04-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 25
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

25 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Lewer op n stokkie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • “Flamed Grill” T-Bone

  • Rump Steak Kerrie Sosaties

  • Regop Hoender “flattie” oor die kole

Heerlik saam braaivleis of enige bygereg of sommer op sy eie

Vir die pap:
1,25 liter water
1 tl sout
2½ kop mieliemeel
1 groot blik geroomde suikermielies
½ tl gedroogde tiemie
.
Bestanddele Tert:
4 el botter
1 ui, gekap
3 knoffeltoontjies, gekneus
1 pakkie knopiesampioene ; skyfies gesny
1 groot blik gekapte tamaties
handvol klam gekerfde biltong
Baie cheddarkaas ; gerasper
Sout en peper na smaak

.
Metode:
Verhit die oond tot 220°C.
Smeer ‘n 25 cm oondvaste bak.

Pap:
Gooi die water, tiemie en sout in ‘n groot kastrol, voeg die suikermielies by en bring tot kookpunt
Voeg die mieliemeel by en roer goed deur, sit deksel op
Laat oor lae hitte gaar word en roer deur nou en dan tot gaar
Tert:
Braai die uie, knoffel en sampioene saam in botter tot geurig
Skep helfte van die pap in gesmeerde oondskottel
Smeer die geblikte tamaties bo-oor
Skep gebraaide uiemengsel bo-op en versprei eweredig
Sprinkel handvol gerasperde kaas oor
Geur met sout en peper na smaak
Skep nou die orige pap oor, gevolg met lekker hanvol biltong; dan lekker baie kaas.

Bak ongeveer 30 minute, tot die kaas gesmelt en goudbruin

Bedien warm, heerlik saam braaivleis of enige bygereg

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!