Biltong en Bloukaassop
2008-12-08- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.2 / 5)
13 People rated this recipe
5,896Related Recipes:
Bestanddele
125 g botter
250 g koekmeel
250 g gerasperde cheddar/ soetmelkkaas
125 g bloukaas in blokke gesny
4 hande vol biltong,(gekerf )
2 l kookwater
500 ml melk
3 eetlepels port
2 hoenderekstrak
Sout en peper na smaak
Metode
Smelt die botter in die soppot. Gooi die meel by en roer dit, verkieslik met n handklitser of n vurk. Breek die blokkies hoenderekstrak by die mengsel.
Voeg nou stadig die melk en die kookwater by, terwyl jy aanhou roer. tot romerige
Voeg nou die cheddarkaas by of soetmelkkaas, 2 hande vol biltong. Hou aan met roer terwyl jy die bloukaas byvoeg en dit in die sop weggesmelt het.
Haal nou die pot van die hitte af, of draai die hitte laag genoeg om die pot warm te hou, sonder dat die sop prut. Plaas die res van die biltong in die sop en roer dit deur saam met n sopie port.
Onthou dat die bloukaas nogal sout is en die biltong sy eie speserye het, so proe eers voor jy die sout- en peper byvoeg na smaak.