Loader

Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

2019-09-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’  – die naam sê als,

Vir die stywepap:

Jy benodig:
2 kop mieliemeel
3 kop water
1 tl sout

Metode
Gebruik ‘n swaarboompot
Voeg water in pot en bring tot kookpunt, voeg sot by
Voeg die mieliemeel stadig by en roer heeltyd met ‘n papvurk totdat die pap styf is.
Sit deksel op, draai hitte op laagste stelling, laat dit vir 45 min stadig stoom
Roer af en toe goed deur

Vir die vulsel:
2 Blikkies Bull Brand Corned Meat (Bully Beef)
2 groot uie – opgekap
1 groot ryp tamatie – opgekap
1 tl kerriepoeier
80ml kookolie

eiers – 1 per bakkie
cheddar kaas – gerasper
sout en peper na smaak
botter

So gemaak:

Voorverhit oond 180 C

Vulsel:
Verhit olie en braai uie tot geurig, voeg kerriepoeier by en roer vinnig deur
Sny “corned beef” in blokkies en voeg by gebraaide uie, roerbraai vinnig deur
Voeg tamatie by en braai lekker saam, hou eenkant

Berei jou oondvaste bakkies voor deur met bietjie bottter te smeer
Skep so 2 el vol vleismengsel in elke bakkie
Skep nou 3/4 vol met gaar stywepap, laat effe afkoel
Skep vleismengsel bo op stywepap to amper vol
Met ‘n botter gesmeerde eetlepel maak ‘n lekker diep holte in die middel van die pap
Breek ‘n eier in elke holte
Sprinkel met kaas

Bak in voorverhitte oond tot goudbruin en eier gestol
Verwyder van oond, laat rus vir 10 min voor bedien

***Handige Wenke:
Slappap – 1 koppie meel, 3 koppies water
Stywe pap – 2 koppies meel, 3 koppies water
Krummelpap – 3 koppies meel, 3 koppies water

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!