Trooskos – Beesvleis en Groente Bredie

2016-07-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 22
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

22 People rated this recipe

10,501
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

 

1 kg heel skywe beeskook van jou keuse (dikrib, brisket, chuck ens.)
2 groot uie, opgekap
2 groot aartappels – geskil en in kwart gesny
3 wortels, geskraap en opgekap in hap grootte
2 kop gevriesde groenboontjies
2 el botter
½ tl tiemie
swartpeper na smaak
sout na smaak
1 el bruinasyn
3 tl bisto poeier aangemaak met bietjie koue water
kookwater

Sit jou vleisstukke in ‘n medium kastrol, gooi net genoeg koue water oor om vleis mooi te bedek
Voeg eetlepel asyn by en bring tot kookpunt, kook stadig met deksel op tot al die water verdamp het en vleis begin potbraai, braai dan albei kante lekker bruin
Plaas uie bo op , sprinkel met tiemie, gooi klein bietjie kookwater bo oor , plaas deksel op en laat weer afkook tot begin potbraai, voeg botter by en braai alles lekker saam tot bruin en geurig
Gooi genoeg kookwater op om alles weer te bedek, prut stadig vir halfuur, plaas aartappels, wortels en groenboontjies bo op en gooi net genoeg kookwater op om als te bedek, geur met sout en peper na smaak
Wanneer aartappels sag is, voeg aangemaakte bisto by, roer liggies deur, prut stadig vir 10 minute
Bedien met rys of stampmielies selfs lekker krummelpap

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!