Beesstertpotjie
2006-10-28- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Braaigeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(2.6 / 5)
16 People rated this recipe
8,850Related Recipes:
Beesstertpotjie
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groen-ertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ± ½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Hanlie on November 8, 2014
Beestertpotjie resep
Wat is beesboeljong ? Een van die bestanddele van die resep.
posted by JPetro on November 11, 2014
Hanlie, dit is ‘n ander benaming vir aftreksel.. hier verkieslik bees aftreksel… geniet !!