BAR-ONE Verrassing
2010-05-13Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
2,576Related Recipes:
Kors:
20 oreo koekies
3 el botter gesmelk
Om te krummel – sit koekies in ziplog sakkie, rol fyn met koekroller
Gooi in mengbak, giet gesmelte botter oor, meng goed deur
Druk nou krummels in tertbak vas, plaas n yskas vir halfuur
Vulsel:
240g roomkaas
3 tot 4 Groot Bar Ones in stukkies gesny
250ml room, styf geklop
500ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams, grof gebreek
1/2 blikkie karamel
50g gerasperde sjokolade
handvol gekapte neute van jou keuse
Meng die roomkaas en Bars Ones.
Vou die geklopte room in.
Klits die 500 ml melk en 2 pakkies kitspoeding saam, laat 5 minute in die yskas stol.
Haal koekie korslaag uit yskas en smeer lekker dik laag karamel oor koekie kors
Nou so gemaak:……
Skep ‘n derde van die kitspoeding bo op
Sprinkel die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel.
Herhaal die lae en eindig met die oorblywende sjokoladepoedingmengsel.
Sprinkel die res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor, sprinkel neute oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het.