Loader

Bakkie met eiers

2009-03-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Torrijas

  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

 

Dis ’n baie oulike manier om eiers voor te sit. As jy wil, kan jy ook ’n bietjie gerasperde kaas onder in die bakkie sit. Kinders is gewoonlik mal hieroor, want hulle doop hul roosterbrood in die eiergeel

Bestanddele
(4 porsies)
• 6 wit sampioene, in dun skyfies gesny
• 1 eetlepel botter
• 4 eetlepels room
• 4 teelepels botter
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 8 groot eiers

Voorverhit oond op 180 °C
Smelt die eetlepel botter in ’n pan.
Braai die sampioene vir so 10 minute tot effens bruin.
Geur met sout en swartpeper.
Verdeel die sampioene tussen 4 ramekin-bakkies.
Plaas nou ’n teelepel botter bo-op die sampioene en dan ’n eetlepel room.
Breek 2 eiers in elke bakkie en geur met sout en swartpeper.
Plaas al 4 bakkies in ’n oondbak en gooi kookwater tot by die helfte van die bakkies.
Plaas vir 20 minute in ’n oond teen 180 °C.
Hou maar dop, want jy bak dit net tot die eiers gestol is.
Die eiergeel moet nog sag wees, want die lekker is om roosterbrood-stukkies daarin te doop.

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!