BAGUETTE

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

1,430
Related Recipes:
  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

  • Boerbrood Suurdeeg Plantjie

Bestanddele: ~ Lewer 2 groot brode

330ml louwarm water
5g of halwe pakkie kitsgis
5ml sout
10m heuning
15ml olyfolie
500g koekmeel

Metode:
Meng die gis en louwarm water tot heeltemal opgelos. Voeg die sout, heuning en olie by en klits.

Voeg die meel bietjie vir bietjie by en klits. Wanneer die beslag te taai word gebruik ’n hout lepel.
Voer ’n mengbak met olie uit en plaas die deeg daarin, bedek met plastiek en los in ’n warm plek om te reis vir 30min.
Knie dan af. (Hy moet drie keer reis en drie keer af geknie word.)

Verdeel de beslag in twee en rol uit met ’n koekroller. Vou die punte na die middel totdat die deeg weer ’n bal vorm.
Rol nou in ’n lang ovaal (sowat 40cm) en plaas in ’n pan wat gespuit is en bestrooi is met meel.
Sny vier kepe met ’n skerp mes skuins oor die deeg en sif ’n bietjie mel daaroor.
Sorg dat beide deeg rolle vêr genoeg van mekaar is omrede hul weer gaan verdubbel. Laat die twee deeg rolle in ’n warm plek vir 40minute staan tot verdubbel het in grootte.

*Die brode gaan nie rys in die oond nie a.g.v. die hoë temperatuur en die gis, so maak seker hy is groot genoeg na jou smaak voordat jy hom in die oond sit.

Bak in die voorverhitte oond vir 20minute teen 220°C vir ’n goudbruin smullekker tuisgemaakte baguette!

Recipe Type:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!