Adri se Yskastert
2015-11-04Average Member Rating
(4 / 5)
17 People rated this recipe
7,496Related Recipes:
Goeie ou yskastert, 15min en hy’s gemaak. Ek verander net die vrugte en jellie en gebruik die vulsel
as mousse poeding vir warm somerdae
Jy het nodig
1 blik ingedampte melk (sit in vrieskas vir ongeveer 2 tot 4ure). Hoe kouer hoe beter.
1 pakkie suurlemoen jellie.
1k kookwater.
1 blik “crushed” pynappel.
1/2k strooisuiker.
Metode:
Los die jellie op in kookwater, sit in yskas tot dit net begin stol.
Klits ingedampte melk tot styf, terwyl strooisuiker bietjie vir bietjie bygevoeg word.
Dreineer die sap van die pynappel, en voeg by ingedampte melk.
Voeg die jellie by en klits tot die mengsel punte vorm.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbak, en gooi die helfte van die vulsel oor. Pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die res van die vulsel bo-oor. Strooi beskuitjiekrummels bo-oor en sit in die yskas, verkieslik tot die volgende dag.
Ek vervang die pynappel met ingelegde aarbeie en aarbei jellie, of perske skywe wat ek kleiner sny en perske jellie, dis die heerlikste mousse poeding!
Geniet hoor!!!
Adri Erasmus via Boerekos Kookengeniet
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Lynette on December 8, 2015
Hierdie is een van die oudste terte wat ek ken en ‘n ware staatmaker altyd lekker