Hemelse Spek en Aartappel Gebak

2008-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 31
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

31 People rated this recipe

31,686
Related Recipes:
  • Suurlemoen en Heuning Karamel Patats

  • Kool en Bully Beef Roerbraai

  • So by my Kool

  • Soet Karamel Patats

  • My “Spur style” Uieringe

 

Heerlik as bygereg of sommer so op sy eie

6 middelslag aartappels – halfgaar gekook
1 groot ui
2 x 200 g Escort skouer spek
2 knoffel huisies
375 ml cheddar kaas
600 ml vars room
swart peper
Sout

Metode
Sny spek repies in helfte deur;  braai in warm pan tot goudbruin.Verwyder van pan en plaas eenkant om af te koel.
Sny ui en knoffel fyn en braai in die spek se olie tot ligbruin,
Verwyder van olie/vet en voeg saam met spek.
Skil aartappels en sny in skywe.
Smeer ‘n oondvaste bak liggies met margarien, plaas nou die aartappelskywe in ‘n laag en voeg bietjie van die spek en uie mengsel bo-oor.
Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor en dan die volgende laag  aartappels tot al die bestanddele in bak geplaas is, eindig met kaas laag.
Geur liggies met sout en swart pepper.
Giet nou die room bo-oor die bestanddele.
Bak by 200 C vir 45 min. tot goudbruin

Foto: Jay

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!