Aartappel en Wynroom Sop
2011-08-01- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg, Voorgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestanddele:
8 middelslag aartappels
10ml olie
125g spekvleis, swoerd verwyder en gesnipper
3 middelslag uie, fyngekap
5ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
200ml droë wit wyn
250ml room
gekapte pietersielie
So gemaak:
Skil en sny aartappels in dun skywe. Plaas aartappelskywe in ‘n groot kastrol, bedek met water en laat toe om te kook tot sag. Dreineer aartappels en behou 500-600ml van die vloeistof. Druk die aartappels fyn en plaas eenkant. Verhit die olie en braai die spek en uie daarin tot gaar.
Voeg die fyngemaalde aartappels, 500ml vloeistof, sout, peper, wit wyn en room by die uiemengsel. Voeg nog vloeistof by indien nodig. Laat toe om deurwarm te word, terwyl dit geroer word. Strooi pietersielie oor. Bedien 4 porsies.
.