Boere Beesvleis-Kerrie

2016-06-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 44
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

44 People rated this recipe

25,044
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

Lekker soet boere kerrie met ‘n lekker byt

1 tot 2 kg beesvleis, groot blokke gesny (shortrib; brisket, chuck)
125 ml kookolie
1 eetlepel asyn
2 groot uie, gekap
3 knoffeltoontjies – gekneus
1/2 teelepels vas fyn gemmer
1 tl bruinsuiker
¼ teelepel borrie
3 eetlepels sterk kerrie poeier
4 aartappels, geskil en halfeer
2 tamaties, fyngekap
3 eetlepel appelkoos konfyt
sout na smaak
2 x 500 ml kookwater

Verhit olie in kastrol, voeg uie en knoffel by, braai vir ‘n paar minute tot uie sag is.
Voeg kerrie en gemmer, bruinsuiker asyn en laaste borrie by, roer vinnig deur
Verlaag die hitte en voeg vleis by roerbraai tot liggies bruin.
Gooi 500ml kookwater by, sit die deksel op en laat prut oor matige hitte tot water verdamp het
Voeg nog 500 ml kookwater by, sit aartappels in saam konfyt, tamaties, sout na smaak
Bring tot kookpunt, en verlaag dan hitte. en kook stadig tot vleis en aartappels sag is

Bedien met witrys, roti’s, salsa en blatjang of bunnychow

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!