Danie se Hemelse Vlakvarkboudjie
2014-11-05Average Member Rating
(3.7 / 5)
16 People rated this recipe
11,300Related Recipes:
Maklike Vlakvark boud met gebraaide aartappels:
Bestanddele:
1.5kg – 2kg boud vleis.
1 groot ui geskil en gekap
2 wortels geskil en gekap
1 huisie knoffel
4 lourierblare
10 naeltjies
10 peper korrels
1 teelepel heel koljander
1 eetlepel asyn
1 eetlepel worcestershire sous
1 eetlepel growwe kosher sout
1 eetlepel suiker
1 eetlepel origanum
Metode:
Gooi alles in `n vlekvrye staal stoom pot of groot glas bak en bedek vleis met lou warm water en laat staan vir 2 ure. Bring dit dan tot kook punt in die stoompot op die tweede merkie vir `n uur. Maak die pot dan versigtig oop en draai die boud om. Proe sommer nou die sousie of die sout reg is. Maak die pot weer toe en stoom weer vir so 40 min.
Die vleis behoort nou lekker sag en sappig te wees maar nie uitmekaar val nie. Haal nou die vleis uit en sit in `n roosterpan. Smeer nou die vleis met bietjie heuning en mosterd en ” grill sommer in die mikrogolf vir so 15 minute of in `n voor verhitte oond teen 180* vir 15 min
Terwyl dit gebeur skep al die groente uit die sous in `n klein potjie in en haal die lourier blare uit. Gooi nou net genoeg sous oor om die groente te bedek en maak dan daai mengsel dik met bietjie bisto. Sodra die vleis reg is en uit die mikrogolf of oond uit is bedek die vleis en bedien.
Danie Els via Facebook Boerekos Kook met Nostalgie
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by corrie on February 5, 2016
maklik resete vark boudjie