1000 ste maal poeding
2013-10-10- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.2 / 5)
10 People rated this recipe
11,448Related Recipes:
ons het die een vannaand seker vir die 1000 ste maal geniet., bly keer op keer ons gunstling, dit bly ‘n lekkerte op sy eie…
3 x koppies langlewe vla
2 x pak mariekoekies
½ koppie fyn aarbeikonfyt
½ koppie Treat-karamel kondensmelk
*2 flakes vir versiering
*1 houertjie room
*gesnipperde kersies
maak die vla in ‘n pot lekker warm – amper kookpunt
maak koekie-toebroodjie, plak aan mekaar vas met een koekie konfyt en een koekie karamel
rangskik onder in plat diep bak
giet warm vla oor die laag koekies
pak nog ’n laag toebroodjie-koekies en gooi al die warm vla wat oorgebly het oor
maak toe met clingwrap, sodat tert nie yskas geure absorbeer nie
bere in yskas vir minstens 3 ure
klop room lekker styf versier bo oor poeding, sprinkel met gesnipperde kersies en krummel flakesjokolade krummels oor wanner jy opgeskep het