Loader

Boontjiesop van Kathu 

2015-07-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 43
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

43 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Koue Komkommer Sop

  • Boontjiesop en spek

  • Outydse bonesop met broodkluitjies

  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Heerlike Aartappelsop

Met al die boontjiesop resepte in die land, volge ek hierdie een wat nie baie moeite is nie.
1 kg Beeskookvleis (ek gebruik shin/chuck met baie murg)
5 groot uie
1 kg Suikerboontjies oornag geweek in water.
750ml water

2 pakkies Oxtail Soup
2 blokkies Oxtail Aftreksel
4 sakkies tamatie puree
50 – 100ml Worcestershire Sous
2 e sout
Grof gemaalde swartpeper na smaak (ek gebruik 2-3 e)

Kook vleis, water en uie tot vleis van bene af val.
‘n Stoompot is die beste en vinngste.
Hou al die water waarin die vleis en uie gekook is.
Verwyder vleis en ontbeen.
Hou eenkant.
Gooi nou die boontjies en die water waarin dit geweek is in stoompot en stoomkook tot dit met vingers pap gedruk kan word.
Dit neem ongeveer so 15min vandat dit begin stoom het.

Kry nou ‘n lekker groot pot wat die boontjies en die water van die vleis kan hou asook die ontbeende vleis.

Bring tot kookpunt.
Meng al die ander bestandele saam en voeg bietjie vir bietjie by die boontjies en vleis.
Roer anhoudend want dit brand nou baie maklik.
Kook vir 5 min en haal van warm plaat af.
Kan gevries word in porsie groottes tot 5 maande.

deur: Ilsemyn

Recipe Type: Tags: , , , , Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by r maritz on January 24, 2016

    maklike sop resepte

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!