Loader

Toeka se Wildswors

2017-11-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.1 / 5)

4.1 5 23
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

23 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Gestopte Gemsbokfilet

  • Springboksosaties

  • Vlakvarkbredie

  • Springbokboud in die oond

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

Tuisgemaak, beter kry jy hom nie. As jy so gelukkig is om ‘n Wildsboudjie in die vrieskas te hê, en lief is om vleis te bewerk, dan is die een vir jou.  Wildswors uit Toeka se dae, sonder fieterjasies.

2 kg Springbok/Kudu of enige Wildsboud – binneboud – blokkies gesny
500g varkboud/skouer vleis in blokkies gesny
1 kg skaapstert vet – klein blokkies gesny (bees brisket vet werk soos ‘n bom as jy nie skaapstert kry nie)
*2 el geroosterde koljander, fyn gemaal
*1 tl fyn naeltjies
*1 el vars gemaalde swartpeper
*1 tl rooipeper (cayene peper)
*1 el sout
*1 el knoffelsout
*1 tl roosmaryn
150 ml worcestershire
50 ml bruin druiwe asyn
50 ml yskoue water
6 ysblokkies

.
10g varkderms, deurgespoel en in water geweek

.

Meng vleis en vet blokkies mooi deur in ‘n groot bak, plaas ysblokkies bo op en sit in yskas tot vleis lekker yskoud is
Gooi al jou *speserye in ‘n sakkie, knoop toe en skud goed
Sprinkel oor vleisblokkies en meng met jou hande goed deur
Meng worcestershire, asyn en water, giet oor vleis en meng verder goed deur.
Plaas in yskas en laat staan 2 ure
Maal vleis grof in vleismeulletjjie
Stop nou jou derms, nie te styf nie
Laat hang op koel plek vir een dag
.

Beste oor die kole gebraai

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!