Wildsbobotie

2011-07-08
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Benodighede:

750g gemaalde wildsvleis
50ml olie
1 ui, gekap
15ml kerriepoeier
7ml sout
4 eetl bruin asyn
6 eetlfyn appelkooskonfyt
1 Granny Smith-appel, gerasper
50ml pitlose rosyne
1 sny witbrood
350ml melk
2 eiers
5ml borrie
4 vars suurlemoen- of lourierblare.

 

So gemaak|:
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend.  Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minute lank.  Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin.  Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by.  Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank.

 

Week die brood in melk.  Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel.  Skep die vleismengsel in ‘n vuurvaste oondskottel.  Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by.  Druk die suurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor .

 

Bak dit 40 minute lank in ‘n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.

 

.

Resep Kategorie : Tags: , , , , , ,
Gemiddelde Gradeering

(5 / 5)

5 5 2
Gradeer hierdie resep

2 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Toeka se Wildswors

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

  • Wildswors

  • Onfeilbare Wilds Biltong

  • Ingelegde eiers

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!