Loader

Wenke vir Potbrood

2024-03-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • ‘n Romerige Idee

  • Oorskiet rooi en wit wyn

  • Oorskiet Sjampanje of Vonkel wyn

  • Te Veel Chilli

  • Kerrie en Suurlemoen

1. Sorg dat daar genoeg ekstra kole is wat een kant gehou word. As die deeg eers in die pot is en daar is nie kole vir die deksel nie, val die brood plat.

2. Moenie te veel hitte onder die pot verskaf nie. Potbrood brand baie maklik aan as die hitte onder te kwaai is. Maak ‘n vuur en laat dit kole vorm. Verskuif nou al die kole met ‘n graaf sodat net die warm grond oorbly. Strooi dan n baie dun lagie kole oor die warm grond en plaas die platboompot met die deeg in, daarop. Plaas dan genoeg kole op die deksel en bak dit 40 tot 60 minute lank. Neem ‘n koletang en vervang die kole op die deksel na so 30 minute.

3. Moenie jou pot meer as halfvol deeg maak nie, anders sal dit te hoog rys en aan die binnekant van die deksel vassit.

4. Smeer die binnekant van jou pot met botter en ook die deksel. Dit verseker ‘n oondbruin kors.

5. Om te toets vir gaarheid, verwyder die deksel en klop liggies op die die kors met jou vinger. As dit hol klink weet jy jou brood is gaar.

6. Moenie jou deeg te nat maak nie, dan kan die brood n klonterige tekstuur vorm. Wanneer mens die deeg roer, moet dit so styf wees dat jy sukkel om dit te geroer te kry.

7. Gebruik altyd louwarm water om die deeg aan te maak. Dan hoef jou deeg nie in ‘n warm plek of onder ‘n kombers te rus nie.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!