Warm mango blatjang

2014-11-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

1,5kg groen mango’s, geskil, gehalveer,ontpit
70ml sout
2 liter water
500g suiker
600ml asyn
125 g dadels, ontpit en gekap
‘n stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml rissiepoeier
1 kaneelstokkie
125 g pitlose rosyne

Kap die mango’s in klein stukkies, plaas in ‘n mengbak. Sprinkel sout oor en voeg water by. Bedek en laat 24 uur staan. Dreineer die mangostukkies en plaas eenkant. Plaas suiker en asyn in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut totdat die suiker opgelos is. Roer voortdurend. Voeg die gemmer, knoffel, rissiepoeier, kaneelstokkie, rosyne, dadels en gedrei neerde mango by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 1 tot 2 uur onbedek prut of totdat die blatjang dik is. Roer af en toe. Verwyder die pypkaneel. Skep die blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.

Resep Kategorie :
Gemiddelde Gradeering

(3 / 5)

3 5 2
Gradeer hierdie resep

2 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Speserymengsel om hoender te geur

  • Ingelegde eiers

  • Lennon’s Hoesstroop

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • Rissie en Appel Blatjang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!