Vrugteslaai Yskastert

2017-06-08
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Almal het hul gunsteling, vir my is die een ‘n wenner !

500 ml room – baie koud
1 blikkie karamel – glad geklits met ‘n vurk
1 x 825g blik KOO “fruit cocktail” – stroop gedreineer
geroosterde klapper
.
Basis:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyn gekrummel
125g botter – gesmelt
.

Meng koekiekrummels met botter en druk op bodem vas in tertbak
Plaas in yskas vir 30 minute
.

Klits 500ml room tot stywe punte vorm
Vou nou die blikkie karamel by die room in
Druk gedreineerde vrugte effe droog met skoon doek, voeg by roommengsel
Vou vrugte mooi in
Skep op tertbasis, maak mooi gelyk, sprinkel met geroosterde klapper
Plaas in yskas vir minstens 5 ure of oornag

Gemiddelde Gradeering

(4.6 / 5)

4.6 5 9
Gradeer hierdie resep

9 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Suurroom-Versiersel

  • Heuning en Amandel Melktert

  • Karringmelk Sjokoladekoek

  • Suurlemoenmelktert

  • Suurlemoen Kaaskoek in ‘n glas

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!