Loader

Vlakvarkbredie

2023-10-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Strooperige Koeksisters

  • Vrystaatse Melktert

  • Bobotie

2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)

45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
125 ml – 250 ml suurroom
Vars pietersielie, vars gerasperde suurlemoenskil, sout en peper na smaak.

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel. Verhit die botter en olie saam in ‘n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met ‘n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is. Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is. Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 -45 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar. Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by. Sit voor op krummelpap.
Genoeg vir 10 mense.

*****JP

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!