Vinnige Piesangbroodjie

2017-02-05
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Dis die maklikste en vinnigste piesangbroodjie wat jy al ooit sal bak
So maklik soos 1 … 2 … 3; jy gooi net als bymekaar, meng en bak

.
1 groot ryp piesang fyngedruk
½ kop suiker
1 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
1 groot eier
3 el botter
1 el kookolie
sprinkel neutmeskaat (nutmeg)
mespunt sout
*melk

.
Voorverhit oond 180 C smeer 20 cm broodpan goed met botter

.
In ‘n lekker groot mengbak, room suiker, botter en kookolie saam
Bo op gooi koekmeel, bakpoeier, koeksoda, neutmeskaat, fyngedrukte piesang en breek eier laaste by
Meng goed deur tot ‘n stywe deeg, kan aangeklam word met bietjie *melk by indien nodig
Skep in gesmeerde broodpan
Bak by voorverhitte oond + – 45 min tot toetspen skoon uitkom
Laat in broodpan akoel voor jy uitkeer

.
Laat broodjie goed afkoel voor jy sny

Gemiddelde Gradeering

(4.8 / 5)

4.8 5 24
Gradeer hierdie resep

24 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Planne met Braaibroodjies

  • Marmite en Kaas Potbrood

  • Mayonnaise en  Kaas Broodjie

  • Spek en Spinasie Mieliebrood

  • Gegeurde broodkrummels

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!