Loader

Vinnige Kerrie Maalvleis met Rys

2011-06-03
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Vinnig maar lekker!

Bestanddele

600gr maalvleis (bees)

2 eetlepels woestersous

1 groot uie fyn gekap

3 wortels gerasper

1 appel geskil en gerasper

2 groot tamaties fyn gekap

2 eetlepels kerrie pasta (self gemaak of packo se curry paste)

1 teelepel fyn kaneel

1 teelepel paprika

1 teelepel droe pietersielie

1 teelepel droe tiemie

1/2 teelepel suiker

aromat en swartpeper na smaak

 

Braai uie saam met kerrie pasta tot sag in olie, voeg so halwe koppie kookwater by. Sit nou wortels, appel en tamatie by en kook liggies vir so 5 minute. Voeg maalvleis en woestersous by, die woestersous help om die maalvleis bruin te maak. Voeg nou kaneel, paprika, aromat en swartpeper by. Braai saam tot gaar. Voeg laaste die pietersielie, tiemie en suiker by. Sit voor saam met rys, gesnyde piesang en blatjang. Geniet!

.

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!