Vetkoek

2014-11-02
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Irene se vetkoek

Hierdie resep lewer so 16 vetkoeke of 1 brood en is n baie lekker deeg.

Bestanddele:
1.25 kg koekmeel (gesif),
1pakkie anchor kits suurdeeg,
10 ml sout,
10 ml suiker,
3 koppies lou warm water met 1 eetlepel wit asyn daarin,
750 ml kook olie om vetkoek in te braai.

Maak deeg aan met die louwarm water en knie goed. Laat rus vir 10 minute en knie af. Maak 16 balle en plaas eenkant om weer te rys. Verhit olie. Maak nou die deeg plat en plaas in matige warm olie. Braai eers aan eenkant tot ligbruin en keer dan om en braai aan anderkant tot ligbruin.Die vetkoek sal sommer veerlig voel.

Gemiddelde Gradeering

(3.7 / 5)

3.7 5 55
Gradeer hierdie resep

55 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Oondgebakte Skaapkop

  • Kaiings met Mieliepap

  • Stampmielies en Bone met Spek

  • Spitbraai – voorbereiding en marinades

  • Wildswors

Recipe Comments

Kommentaar (6)

  1. geskryf deur Laurna Coetzer on August 20, 2015

    Die beste kits-suurdeeg vetkoek ooit. Hierdie resep het my baie punte by my familie besorg! Dankie Irene! Kan amper net so eet sonder vulsel, dis so lekker.

    • geskryf deur Lea on November 10, 2016

      Hello – watter kits suurdeeg het jy gebruik? Anchor??

      • geskryf deur Boerekos on November 10, 2016

        Hallo Lea, enige klits suurdeeg is reg maar ek is ‘n groot vooraanstaander vir Anchor se produkte. Lekker bak !

  2. geskryf deur Frederick on November 21, 2015

    HEERLIK

  3. geskryf deur Lenie on November 10, 2016

    Geniet baie julle resepte en ek maak dit ook

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!