Loader

Vetkoek (magwinya)

2016-02-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 35
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

35 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Soet, ronde Afrika vetkoek

Bestanddele
7 koppies koekmeel (nie bruismeel)
2 teelepels sout
4 eetlepels suiker
1 pakkie Gis (10g)
Louwarm water
Kookolie (vir braai)
Metode:

In ‘n koppie gooi die gis en voeg warm water by. Laat staan tot dit begin skuim
In ‘n groot bak; meng al die droë bestanddele saam maak holte in die middel en gooi die gis in
Met jou hande, werk die koekmeel deur die gis, voeg bietjies, bietjies lou water by en meng ná elke byvoeging totdat jy ‘n sagte deeg wat sag maar nie loperig (soos ‘n brooddeeg) kry.
Knie goed aanmekaar vir ongeveer 15 min. (Dit is belangrik as jy sagte magwinya wil he)
Bedek die deeg met ‘n klam lap of plastiek wat liggies gesmeer is met olie en laat rys tot dubbel (ongeveer ‘n uur en half)
Verhit sowat 2 liter olie in ‘n pot of diep swaarboompan
Magwinya is tipies rond in vorm, tennisballe grootte. (olie jou hande met ‘n paar druppels olie om help dat die deeg nie aan jou hande klou nie) Rol dit in balletjies , pak op ‘n liggies meelbestrooide werkoppervlak, bedek en laat staan vir nog halfuur.
Toets die olie met ‘n klein stukkie van die deeg, wanner die olie bruis, is dit reg, jy wil nie die olie te warm. Diepbraai die vetkoek so paar op ‘n slag
Draai gereeld om terwyl jy met soplepel bly olie oor die vetkoek gooi, bak tot goudbruin
Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.

Recipe Type: Tags: , , , , , , Ingredients: , ,

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!