Varkworsie frikkadelle met Spaghetti
2016-11-17- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.8 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
Heerlike pasta gereg, een – twee – drie, lekker smul randrekker
6 Eskort Gold Medal Pork Sausage – ontdooi
koppie koekmeel
2 knoffeltoontjies- gekneus
1 groot ui, gekap
1 tl tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
kookolie
4 el botter
1 blik gekapte tamaties
30 ml Worcestershiresous
2 el tamatie puree
1 tl suiker
paar druppels asyn
parmesaan kaas, fyn gerasper
500 g Spaghetti
So gemaak:
Druk die worsies uit die omhulsel en rol in klein balletjies, rol dan in koekmeel
Verhit botter in ‘n diep pan en braai die frikkadelle tot gaar en goudbruin, verwyder uit pan, hou eenkant.
Maak nou die sous terwyl die spaghetti kook soos op pakkie aagewys
.
Tamatiesous:
Verhit ‘n bietjie olie in diesefde pan wat jy bolletjies gebraai het, braai die uie n knoffel tot deurskynend en geurig
Voeg die tiemie, blik tamaties, worcestershiresous, tamatie puree, suiker, sout en peper by.
Prut alles stadig saam vir 5 min en voeg dan ‘n spatsel asyn by, verhoog hitte en kook vir ‘n verdere minuut.
Plaas frikadelle by en kook alles saam vir 5 minute, roer kort kort
Bedien warm bo op spaghetti, sprinkel met parmesaan kaas