Loader

Varkribbetjie in die oond

2023-09-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Stadig Geroosterde Varkpens met Perskes

  • Oondgeroosterde Varkpens

  • Coca-Cola Varkboudtjops

  • Heuning en Gemmer Varkboud

  • Spek, Spinasie en Feta Varkfillet

SOUS

2 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
olie
500 ml hoender- of vleisaftreksel
125 ml bruinsuiker
250 ml blatjang
30 ml heuning
50 ml suurlemoensap
50 ml tamatiesous
15 ml Worcestersous
2 ml fyn gemmer
5 ml sout
knippie fyn naeltjies

2 kg varkrib, heel of in ribbetjies gesny

Soteer die uie en knoffel in ´n klein bietjie olie tot sag. Voeg die res van die sousbestandele by en laat sowat 15 minute lank oor lae hitte prut tot taamlik dik. Roer elke nou en dan om te voorkom dat dit aanbrand. Laat afkoel.
Plaas die varkrib in ´n oondvaste bak en giet die sous oor. Bedek. Laat minstens 1 uur lank so staan.
Voorverhit die oond tot 160 grade C. Bak die vleis sowat 1 tot 1 en ´n half uur lank tot sag. Verwyder dan die bedekking, skakel die roosterelement van die oond aan en rooster tot goudbruin.
Dien op saam met aartappels in die skil , of slap chippes en uie snippers en gemengde slaai of pap en botter…sousie as jy wil

Genoeg vir 4 tot 6 mense.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!