Vanilla Kolwyntjies met Roomkaas Versiersel
2014-06-16- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(4.5 / 5)
6 People rated this recipe
Related Recipes:
1 en halwe koppie meel
3 tl bakpoeier
mespunt sout
1 koppie witsuiker
3 groot eiers ~ kamer temperatuur
1 tl vanilla geursel
3 el botter in kastrol gesmelt
1 koppie melk
Voorverhit oond na 180°C
Voeg die droë bestanddele bymekaar ~ Skud die mengsel in die bak so bietjie, jy sif dit nie
Gooi by, geklitse eiers en suiker saam tot romerig, gooi vanielje by klits tot glad en romerig
Gooi melk saam by gesmelte botter, maak dit liggies warm, en gooi dit by die ander bestanddele.
Vou in en meng tot mooi glad
Giet eweridig, driekwart vol in kolwyntjie liners
Bak vir 10 tot 15 min by 180°C , doen die vinger toets om te kyk of dit gaar is.
Versiersel:
6 el sagte botter
1 kop versiersuiker, gesif
1 x 230 g ) Bakkie gladde roomkaas
Klits die botter met elektriese klitser vir 5 min op hoog spoed tot lig en romerig
Gooi by, versiersuiker en roomkaas
Klits goed deur vir 1 min, maak seker als is mooi gemeng tot gladde egalige tekstuur
Versier afgekoelde kolwyntjies