Traditionele Melksnysels

2018-02-07
  • Voorbereidings Tyd : 0m
  • Kook Tyd : 0m
  • Gereed In : 0m

Koningskos vir die siel

2 kop koekmeel
½ tl sout
yskoue water
2 eiers
8 kop volroom melk

*eksta koekmeel vir sprinkel

*kaneelsuiker vir strooi


Breek eiers by koekmeel in en voeg sout by.
Gooi bietjies yskoue water op ‘n slag by, terwyl jy meng met vurk, tot ‘n stywe deeg vorm

Rol uit op ‘n meel gesprinkelde oppervlak.
Sprinkel nou koekmeel liggies bo-oor uitgerolde deeg en rol die deeg opop , plaas in yskas vir 20 min
Sny met ‘n skerp mes in dun repies) snysels,, sprinkel met koekmeel en maak  snysels los van mekaar

Waneer deeg gereed is, bring die melk tot kookpunt in 2L kastrol
Gooi snysels by die kookmelk terwyl jy aanhoudend roer tot die meel heeltemal ingemeng is.
Bedek en laat prut stadig oor lae hitte vir 10 min.
Hou dop dat dit nie aanbrand nie
Skep die melkkos in bakke en bestrooi met die kaneelsuiker.
Jy kan nog melk bygooi indien mengsel te dik is.

Gemiddelde Gradeering

(4.7 / 5)

4.7 5 3
Gradeer hierdie resep

3 Besoekers het hierdie resep gegradeer

Ons stel voor :
  • Japtrap Biltong

  • “Jam Donuts” – Oliebolle

  • Dubbel Sjokolade Potjie Poeding

  • Suurlemoenmelktert

  • Koekie Monster Roomys

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!

error: Content is protected !!